LYRICS WRITTEN AND COMPOSED BY KOBUS MULLER

MAAK DIT NIE SEER

Op die yskoue winter's nag
Droom ek net van jou
Jy het nie vir my gewag
Somtyd sit ek alleen, met net die fotos van jou
Met net die wete, ek wil nie sonder jou leef
Waar is jy heen
Hoekom moes jy gaan
O, dit maak so seer
Ek verlang na jou

Maak dit nie seer, in die aand as jy wil slaap
Droom jy van my, as die maan na jou staar
Waar is jy heen, jy't gesê jy sal bly
Mis jy my ook soos ek vir jou, vanaand

Het myself gevra, kan dit nie dalk ek wees
Is ek nie die rede, hoekom jy moes gaan
Sit jy ook eensaam, stoksiel alleen
Met net die wete, ek wil nie sonder jou leef
Waar is jy heen
Hoekom moes jy gaan
O, dit maak so seer
Ek verlang na jou

Maak dit nie seer, in die aand as jy wil slaap
Droom jy van my, as die maan na jou staar
Waar is jy heen, jy't gesê jy sal bly
Mis jy my ook soos ek vir jou, vanaand

Written by:
Kobus Muller
Lyrics © Kobus Muller / Nextereo Publishing
Share