LYRICS WRITTEN AND COMPOSED BY KOBUS MULLER

GLASIE WYN

Iewers in Brooklyn
Sit sy alleen
Diep staar sy in die verte
Met die kerslig in haar oë
Trane rol oor haar wange
En mascara dof gesmeer
Hartseer en verlore
Eensaam en alleen

Bring vir haar 'n glasie
'n Glasie rooiwyn
Vir die meisie met die trane in haar oë
Sy wag vir iemand
Wat nie wou kom
So bring vir haar net nog 'n glasie
'n Glasie rooiwyn

Sy kyk kort-kort
Na die horlosie teen die muur
Sy wag al van ses
Dis lankal na twaalf
Sy vat nog 'n slukkie
Van die wyn in haar glas
H artseer en verlore
Eensaam en alleen

Bring vir haar 'n glasie
'n Glasie rooiwyn
Vir die meisie met die trane in haar oë
Sy wag vir iemand
Wat nie wou kom
So bring vir haar net nog 'n glasie
'n Glasie rooiwyn

Bring vir haar 'n glasie
'n Glasie rooiwyn
Vir die meisie met die trane in haar oë
Sy wag vir iemand
Wat nie wou kom
So bring vir haar net nog 'n glasie
'n Glasie rooiwyn

Written by:
Kobus Muller
Lyrics © Kobus Muller / Nextereo Publishing
Share