LYRICS WRITTEN AND COMPOSED BY KOBUS MULLER

GIRL VAN HARTIES

Nie so lank gelede
Was daar 'n hartseer girl gewees
Met nat gehuilde wange
En 'n sneusie vir die neus
Haar hart was in stukkies
'n Miljoen om presies te wees
Ek't gesien hoe kyk sy na 'n foto
En die trane raak al meer
En iemand het haar hart gebreek
Haar hart was in stukkies gebreek

En die meisie van Harties was in stukke gewees
Met reën druppels om haar, was sy alleen
Met niemand om haar vas te hou op daai koue nag
Was die meisie van Harties alleen
Maar more skyn die son dalk weer

Haar drome was in skerwe
Haar lewe was 'n leun
Alleen was sy in die koue
Sop nat van die reën
Die raaisel oor wat gebeur het
Dwaal nog deur haar kop
En die hoop dat hy sou terug kom
Spook nogsteeds by haar
En iemand het haar hart gebreek
Haar hart was in stukkies gebreek

En die meisie van Harties was in stukke gewees
Met reën druppels om haar, was sy alleen
Met niemand om haar vas te hou op daai koue nag
Was die meisie van Harties alleen
Maar more skyn die son dalk weer

En die meisie van Harties was in stukke gewees
Met reën druppels om haar, was sy alleen
Met niemand om haar vas te hou op daai koue nag
Was die meisie van Harties alleen
Maar more skyn die son dalk weer

Written by:
Kobus Muller
Lyrics © Kobus Muller / Nextereo Publishing
Share