LYRICS WRITTEN BY KOBUS MULLER

ALLES EN MEER

Ek onthou nog hoe dit voel
Toe jy jou arms om my vou
Ek het als gegee vir jou
Maar dit was nie genoeg vir nou
Hier staan ek alleen in die reën
Die trane is oor my wang gevee
Hoe mis ek die tye saam met jou, nou gee ek weer

Alles en meer
Wanneer sal my hart dan leer
Alles en meer
Jy't my hart in twee geskeur
Ek wou saam jou my lewe bou
Jou styf vas hou
Maar jy kon nie die pyn weg hou
Meer, jy's als en meer, als en meer

Nooit gedink ek sou ooit weer
'n Ander een kon kry soos jy
Maar dit was net die tyd wat leer
Om sterk te word deur al die seer
Net toe dink ek't vergeet
Het dit weer aan my hart gevreet
Hoe mis ek die tye saam met jou
En gee ek weer

Alles en meer
Wanneer sal my hart dan leer
Alles en meer
Jy't my hart in twee geskeur
Ek wou saam jou my lewe bou
Jou styf vas hou
Maar jy kon nie die pyn weg hou
Meer, jy's als en meer, als en meer

Net toe jy dink ek het vergeet
Wou jy my weer vas kom hou
Maar dit was alles te laat
Hoe kan ek jou weer vertrou
Jy was my als en meer
Jy was my als en meer
Jy was my als en meer
Jy was my

My alles en meer
Wanneer sal my hart dan leer
Alles en meer
Jy't my hart in twee geskeur
Ek wou saam jou my lewe bou
Jou styf vas hou
Maar jy kon nie die pyn weg hou
Meer, jy's als en meer, als en meer
My alles en meer

Written by:
Kobus Muller
Lyrics © Kobus Muller / Nextereo Publishing
Share