LYRICS WRITTEN BY KOBUS MULLER

AAN-EN-AAN

Kom hoor nou mooi ek wil jou sê
Wil jou vir altyd by my hê
Daar is nog iets wat ek wil vra
Ek hoop en bid jy sê net ja
Is dit nou leuns of is dit waar
Ek sal jou in my hart bewaar
Kom leef jou drome saam met my
Jy is die een wat my gaan kry

Aan-en-aan
Jy voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek roep en skree jou naam
Bly by my, jy kan my kry
Kom sê jy's lief vir my
Aan-en-aan
Jy voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek weet jy sal verstaan
As jy ook nou jou hart omvou
En sê ek's lief vir jou

Elke wese het 'n maat
Ek wil tot sonop met jou praat
Nou hoop ek maar jy sal verstaan
Want anders sal my hart vergaan
Deur die jaar het ek geleer
Ons kan weer en weer probeer
Al maak die liefde baie seer
So goed geweet dat jy my beheer

Aan-en-aan
Jy voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek roep en skree jou naam
Bly by my, jy kan my kry
Kom sê jy's lief vir my
Aan-en-aan
Jy voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek weet jy sal verstaan
As jy ook nou jou hart omvou
En sê ek's lief vir jou

Ek sien jou in my drome
'n Tekort in woorde
Ek is so verlore
Kom sit jou arms om my
En dan sê ek jou
Ek is lief vir jou

Aan-en-aan
Ek voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek roep en skree jou naam
Bly by my, jy kan my kry
Kom sê jy's lief vir my
Aan-en-aan
Jy voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek roep en skree jou naam
Bly by my, jy kan my kry
Kom sê jy's lief vir my
Aan-en-aan
Ek voel die ritme gaan net aan-en-aan
Ek weet jy sal verstaan
As jy ook nou jou hart omvou
En sê ek's lief vir jou

Written by:
Kobus Muller / Steve Diamond Anders Hansson
Lyrics © Kobus Muller / Nextereo Publishing
Share